Total Pageviews

Wednesday, March 30, 2011

Genade

Goeiemiddag Pappie

Genade is net nie iets wat vir my sin maak nie. Maak nie saak hoeveel ek daaroor lees en dink nie. Dit is nie 'n term wat deel is van ons alledaagse woordeskat nie.

Genade vir daardie een wat my so seer maak
Genade vir daardie een wat my so kwaad maak
Genade vir daardie een wat my so bekommerd maak
Genade vir daardie een wat my so in die rug steek
Genade vir daardie een wat my so teleurstel
Genade vir my eie onvermoƫns, eie sondes, eie teleurstellings is ook maar oppervlakkig

Genade is net nie 'n begrip wat maklik kom nie en daarom is dit n begrip wat moeilik is om my kop om te kry, om my gedagtes tasbaar te laat maak, om die omvang van te verstaan.

Dankie Abba, dat U nie genade uitdeel met dieselfde maatstaf waarmee ons dit uitdeel nie, want dan was ek regtig in die moeilikheid.

Dankie Abba dat U genade onvoorwaardelik is
Dankie Abba dat U genade sonder einde is.
Dankie Abba.

No comments:

Post a Comment