Total Pageviews

Monday, February 21, 2011

Abba se beloftes

Goeiedag Abba

Vandag is weer 'n nuwe dag, vol hoop en beloftes en moontlikhede. U gee aan ons soveel meer as wat ons kan vra of kan dink of selfs voor kan hoop en tog mis ons soveel van U beloftes elke dag.
* 'n Veilige rit na die skool, werk, huis en oral anders
* 'n Lieflike vroee more en vars lug
* 'n Koel wndjie om lafenis te bring
* Sonlig wat laat groei en ons gesond hou
* Familie, vriende, kollegas, geliefdes
* Vrye toegang tot U Woord (in baie verskillende vertalings en skryfvorms)
* Kos en klere
* 'n Dak oor ons kop en 'n bed en vervoer
* Geleenthede om U beter te leer ken
* 'n Vrye toegang tot binne in U hemelkamer en troon en voor U voete

U belowe ons dat as ons die Naam van Jesus Christus bely IS ons U kinders.
U belowe ons dat as ons binne U wil lewe SAL U ons seen
U belowe ons dat as ons bid tot U HOOR U elke gebed en SAL U dit op die regte tyd beantwoord
U belowe ons dat as ons net glo, ons saam met U die onmoonlike kan verrig en uitrig

U belowe ons dat U ons lief het, dat ons die appel van U oog is, dat ons naam op U handpalm gegraveer is, dat elke haar op ons kop getel is, dat U elke oomblik van die dag by ons is, dat niks en niemand ons uit U hand van liefde kan ruk nie.

Dankie Abba, dat ons elke dag op U beloftes kan staan en weet ons is veilig by U en dat U aan elkeen van ons 'n nuwe naam gee, gegraveer op 'n wit klippie, 'n naam wat net U en ons elkeen sal ken - want ons is kosbaar en spesiaal vir U.

Dankie Abba, dat ek hierdie dag in U naam kan aanpak en met vertroue deur die dag kan gaan, wetend U is by my.
U geliefde dogter

No comments:

Post a Comment