Total Pageviews

Tuesday, February 8, 2011

Die bruid van Jesus of die slaaf van Jesus

Goeiedag Pappie

Ek wil so graag die bruid van Jesus wees, in 'n liefdesverhouding met Hom. Sy goedkeuring en beskerming en voorsiening en genade en omgee myne maak - Sy 1 Kor 13 liefde bruid.

Ek wil so graag weet dat Hy van my hou en tyd by my wil spandeer.
Ek wil soos Maria Sy voete met my hare afvee en Hom salf met olies.
Ek wil aan Sy voete sit en luister en net wees by Hom.
Ek wil "gloei" in Sy teenwoordigheid en tyd saam met Hom spandeer, net omdat dit so lekker is en ek so goed voel daarna.
Ek wil myself versorg en mooi maak vir Hom en uitsien na elke oomblik wat ons saam spandeer.



Hoekom voel ek dan asof almal van my verwag om Jesus se slaaf te wees?
  • om soos Marta te moet werk en doen en bewys hoe groot Abbakind ek is
  • om wette en reëls na te volg
  • om my "reg" te gedra
  • om te moet leer en ken eerder as te voel en ervaar en weet
  • om die regte voorkoms te hê - ernstig, half suur, veroordelend en korrek - tog net nie anders of uitspattig of vrolik of mooi nie - die hemele behoed ons!!
  • om my "waardig" te gedra
  • om aan te sluit by die "regte" kerk en "regte" aksies en "regte" dinge te doen op die "regte" tyd
Hoekom voel dit vir my asof die kerk en die Christene nie meer omgee wat my verhouding met U is nie, of wat ek by U leer of hoor nie, of ek vreugde en "the joy of the Lord is my strength" ervaar nie?

Hoekom voel dit vir my die kerk is meer bekommerd oor hulle teologie en reëls en wette en geloofsbelewenisse vraagstukke - doop/ praat in tale/ diens/ musiek/ geboue/ inkomste en salarisse/ regte aksies/ wat mag jy en wat mag jy nie - as my siel en geloofslewe, die krag van my gebed en insig en onderskeiding en profeties en omgee en versorging en ?????

Abba, ek wil die bruid wees, nie die slaaf nie. Mag ek maar asseblief?
U lieflingkind

No comments:

Post a Comment