Total Pageviews

Thursday, January 6, 2011

Met wie smag God om te praat?

Deuteronomy 5: 23 When you heard the voice out of the darkness, while the mountain was ablaze with fire, all the leading men of your tribes and your elders came to me. 24 And you said, "The LORD our God has shown us his glory and his majesty, and we have heard his voice from the fire. Today we have seen that a man can live even if God speaks with him. 25 But now, why should we die? This great fire will consume us, and we will die if we hear the voice of the LORD our God any longer. 26 For what mortal man has ever heard the voice of the living God speaking out of fire, as we have, and survived? 27 Go near and listen to all that the LORD our God says. Then tell us whatever the LORD our God tells you. We will listen and obey."

Daar reg aan die begin wil God met Sy volk praat en hulle is te:
- bang?
- lui?
- minderwaardig?

Die verantwoordelikheid om met God self te praat is te veel vir hulle, so Moses word aangesê om tog die werk oor te neem. Hy moet met God praat en dan dit in mooi taal aan die volk kom oordra. Hulle wil tog nie self die verantwoordelikheid hê nie.

Doen ons dit nie nog steeds vandag nie? Die dominee, pastoor, priester, profeet moet asseblief die Woord kry en dit dan
* in 'n taal wat maklik verstaanbaar is, 
* verteer kan word, 
* mooi uiteengesit met musiek 
* en Powerpoint prentjies in sagte taal met ons gedeel word. 

Ons hoef/wil nie die Woord self te ken nie. Ons hoef/wil nie self by God te hoor nie. Ons glo nie meer dat dit vir elke kind van die Here moontlik is om 'n Priester, Koning en Profeet te wees nie. Dit is net vir die hoog heiliges beskore.

Lees, ken, doen en BID
Tog wil ons ook die roem hê van wonderwerke kan doen of mooi woord uitleg of mooi bid, nê Here. Solank ons nie die prys hoef te betaal van Woord bestudering, volgens U voorskrifte leef, die vrug van die Gees wees of tyd saam met U spandeer nie. Dit is darem te veel gevra in die wêreld en tyd waarin ons bly.

Hoe hartseer moet U nie wees as U na U kinders kyk nie Vader. Dit is so diesefde verhaal wat homself oor en oor afspeel deur die eeue heen. Dankie tog dat U genade groter is as U oordeel. 

Dankie tog dat U ons weer en weer en weer 'n kans gee om U te vind. U, nie die 30 minute preek of die 5 minute daaglikse oordenking of die goed voorbereide "diens" nie, maar U, persoonlik, van aangesig tot aangesig in liefde en vrede en vreugde en genade.

No comments:

Post a Comment