Total Pageviews

Friday, January 14, 2011

Wat doen mens as die wêreld so wreed lyk?

Liewe Abba

Vandag lyk die wêreld so wreed en oorweldigend. Dan kry ek die volgende teks in my inboks en skielik lyk die wêreld nie meer so wreed en oorweldigend nie Abba.

Hebreërs 13: 5 - God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” 13:5: Vgl. Deut. 31:6; Jos. 1:5.

Deutronomium 31:6 - Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”

Josua 1:5 - “Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.

Toe onthou ek van al die tekse in U Woord wat elke keer so uitspring en in BOLD letters voor my oë staan. Daardie tekse wat oor en oor bly praat van moed hou en sterk wees en vertrou want U is by ons en U sal die stryd vir ons voer. Ek het gou gaan kyk op een van daardie oulike programme wat mens toelaat om woorde in U liefdesbrief op te soek en kry sommer weer nuwe moed. Nou lyk die wêreld nie meer so wreed en oorweldigend nie.

Want ek vind 43 tekse wat praat van moed hou of moed in praat of sterk wees, want ons wat U kinders is is veilig in U hand.

Dankie Abba

Met liefde
U dogterkind

  • Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
  • Maar selfs in hierdie omstandighede vra ek julle: Hou moed! Niemand van julle sal sy lewe verloor nie. Net die skip sal vergaan.
  • Daarom, hou moed, manne! Ek vertrou op God dat alles net so sal gebeur soos Hy vir my gesê het.
  • Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.
  • en Hy het my die goedgesindheid van die koning, van sy adviseurs en van al sy magtige amptenare laat geniet. Ek was vol moed. Die Here my God het sy hand oor my gehou. Ek het toe die leiers onder die Israeliete bymekaar laat kom om saam met my te trek.”
  • U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed.
  • Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!
  • Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.
  • Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees, dié wat by God hulp soek, sal moed skep,
  • Soos die verkoeling wat in die oestyd deur sneeu gebring word, so is 'n betroubare gesant vir dié wat hom gestuur het; hy gee dié in wie se diens hy staan, nuwe moed.
  • Die goddelose hardloop weg al jaag niemand hom nie; die regverdiges het die moed van 'n leeu.
  • Die ambagsman praat die goudsmid moed in, die een wat die metaal uitklop, praat hom wat dit aanmekaar smee, moed in. Hulle sê: “Die smeewerk is goed!” Dan slaan hulle die beeld met spykers vas dat hy nie omval nie!
  • Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos 'n leerling moet luister.
  • Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.
  • Moenie moed verloor en bang word wanneer daar gerugte rondgaan in die land nie: daar kom jaar vir jaar gerugte.
  • Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, 'n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding.
  • Maar nou, Serubbabel, skep moed, sê die Here, en jy Jesua seun van Josadak, hoëpriester, skep moed, en julle almal, burgers van die land, skep moed, sê die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige.
  • So sê die Here die Almagtige: Skep moed! Julle het gehoor wat die profete destyds gesê het toe die fondamente van die tempel van die Here die Almagtige gelê is sodat dit herbou kan word.
  • Julle name, Juda en Israel, is onder die nasies gebruik in vervloekings, maar Ek het julle gered, en nou sal julle name gebruik word in seënwense. Moenie bang wees nie, skep moed!
  • Jesus het gaan staan en gesê: “Roep hom nader.” Hulle roep toe die blinde man en sê vir hom: “Hou moed! Staan op! Hy roep jou.”
  • Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op.
  • Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
  • Josef 'n Leviet wat op Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas genoem is – dit beteken iemand wat mense moed inpraat –
  • Nadat die oproer bedaar het, het Paulus die gelowiges bymekaargeroep en hulle moed ingepraat. Daarna het hy hulle gegroet en Masedonië toe vertrek.
  • Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Hier in Jerusalem het jy vir My getuig. So moet jy dit in Rome ook nog doen.”
  • Maar selfs in hierdie omstandighede vra ek julle: Hou moed! Niemand van julle sal sy lewe verloor nie. Net die skip sal vergaan.
  • Daarom, hou moed, manne! Ek vertrou op God dat alles net so sal gebeur soos Hy vir my gesê het.
  • Hulle het almal moed geskep en self ook begin eet.
  • Die gelowiges daar het van ons gehoor, en party van hulle het ons by die Appiusmark kom ontmoet en party by die Drie Herberge. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep.
  • 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe.
  • Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee.
  • Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor.
  • Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie,
  • Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.
  • Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. In al ons sorge is ek vol moed en oorstelp van blydskap.
  • Inteendeel, al is ons kort tevore in Filippi beledig en mishandel, soos julle weet, het ons God ons die moed gegee om sy evangelie aan julle te verkondig ondanks felle teenkanting.
  • Ons het vir Timoteus, ons broer en medewerker in diens van God, wat saam met ons die evangelie van Christus verkondig, na julle toe gestuur om julle in julle geloof te versterk en moed in te praat
  • Daarom, broers, het ons in al ons nood en swaarkry weer moed geskep vir julle omdat julle nog glo.
  • Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.
  • Ons druk julle dit op die hart, broers: Wys die leeglêers onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig.
  • Christus daarenteen is as Seun getrou oor die huis van God. En ons is sy huis as ons maar net met moed en oortuiging bly vashou aan wat ons hoop.
  • Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.
  • “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.
  • Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het.
  • Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”
  • en Josua het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, moenie bekommerd wees nie, wees sterk, wees vasberade. So sal die Here maak met al julle vyande teen wie julle nog moet oorlog maak.”
  • Die Kisonrivier het die vyand meegesleur, die Kisonrivier, die rivier uit die voortyd. “Hou moed! Wees sterk!
  • Jy sal voorspoed hê net as jy sorg dra dat die voorskrifte en bepalings wat die Here vir Moses in verband met Israel gegee het, nagekom word. Wees sterk en staan vas. Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie.
  • Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!
  • Hy het vir my gesê: “Moenie bang wees nie, jy vir wie God liefhet! Dit sal goed gaan met jou. Wees sterk! Wees sterk!” Terwyl hy met my praat, het ek weer sterk gevoel en gesê: “U kan maar praat, want u het vir my krag gegee.”
  • Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!
  • Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus het.

No comments:

Post a Comment