Total Pageviews

Tuesday, January 11, 2011

Opleiding en wag tydperke

Abraham was al 'n ou man voor U belofte aan hom vervul is Abba. Moses het jare lank geleer aan die Egiptiese koningshuis en 40 jaar in die woestyn geleer lewe voordat hy sy roeping om die volk uit Egipte te lei kon aanpak. Joshua het 40 jaar lank as Moses se tweede in bevel gewerk. Kaleb moes 85 jaar wag om sy grond in die beloofde land te kon toe eien.

Elisa het hoeveel jaar by Elia geleer. Josef het eers die 2de belangrikse pos in Egipte beklee nadat hy geleer het om in sy familie te funksioneer, 'n huishouding te behartig en in die tronk die hoofbewaarder te ondersteun. Dawid het vroeg reeds sy roeping ontvang as die volgende Koning van Israel, maar moes eers jare onder Saul diens doen en 'n klomp kriminele se leier wees voordat hy in sy roeping kon ingaan.Die dissipels het drie jaar elke dag aan die voete van Jesus geleer en moes wag om hul salwing deur die Heilige Gees te ontvang voordat hulle kon begin om die eerste Christengemeentes te evangeliseer.

Vandag wil ons sommer onmiddelik ons salwing/ roeping/ visie ontvang en begin optree. Baie keer sonder die nodige opleiding en skoling om ons die beste van ons taak te kan kwyt. Ons storm in en voort, sonder die nodige insig en wysheid en kennis, want die horlosie tik-tik-tik, tyd is kosbaar en min. Ons weet so min van geloof en afhanklikheid en vertroue, want daar is nie tyd om dit te beleef saam met U nie Abba.

Leer ons volgens U will Abba en leer ons om geduldig te wees vir U tydsberekening. Sodat ons soos al die groot leiers voor ons die beste uit U hand kan ontvang - groter en meer as wat ons self kan vra of droom.

No comments:

Post a Comment